
=====================================================================
Met 'n uitsig op 'n park (AV 6:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Met 'n uitsig op 'n park -- 'n Meditasie oor taal en politiek

Deur Hennie Aucamp   VIR my 'n mooi dag: die ren trek in rokerige vlae oor die park, en die "tortels van die modder" koer onversaagd. Pa 
was tog so lief vir paddas, seker omdat hy hulle met ren verbind het; veral die ou blikslanertjies. (Di volksnaam staan nie in my gewone 
woordeboeke nie, maar WAT meld   hom wel: "'n Soort padda; vgl. BLIKSLAERTJIEen DONDERPADDA; en later "'n Klein soort donderpaddatjie; ook 
genoem blikslanertjie en blikslaerpaddatjie.").

Kan 'n mens kalm van gemoed wees en tg somber? Wel, dit kn: dis die soort beswyming waarin ek my tans bevind. En in di toestand het ek 
in die oggendure 'n rou, apokaliptiese rel gedink: "Die Afrikaner het sy huis op wilsand gebou en God, sonder Sy medewete, tot argitek 
verklaar." (As 'n mens nou slim wil wees, kan jy verder gaan en wilsand definieer as "sand wat deur die Volkswil gesekreteer is".)

Skielik het die paddas opgehou met kwaak, asof hulle weier om koor te wees vir my gedagtes. Oomblikke van stilte in die park, maar dan neem 
die werklike tortels oor -- tortels sowel as bosduiwe. (As kind kon ek selfs in Xhosa onderskei tussen tortel- en bosduiwe; die een heet 
ihobe, die ander ivukuthu.)

'n Huis gebou op wilsand, wou ek s voordat ek my self onderbreek het, kan geen weerstand bied teen vloedrens nie.

Dit het ek en my suster maar alte goed besef toe as ons as kinders op die ho kombuistrap na die ondergaande son sit en kyk het. Kyk, het 
ons vir mekaar uitgewys, 'n huis met 'n ringmuur rondom die wye werf, en bome, baie bome, wilgerbome. En dan kom daar van regs 'n gloed wat 
'n vloed word, al dreigender, al hor, al hoe verskrikliker, en wis ons herehuis met al sy wilgers en ringmure uit, en ons staan op en gaan 
vinnig by ons eie huis in. En ons is baie verlig dat ons in 'n werklike huis van rooibaksteen bly, en vertel aan etenstafel van die ramp 
wat ons voor ons o sien afspeel het.

Daar was so pas 'n kommosie in die park. Ek hoef kwalik uit te kyk om te sien wat gaande is, maar doen dit tog, en kry my vermoede 
bevestig: die kolganspaar het neergestryk en skree almal van hul werf af weg, die paddas, die duiwe, die meeue. As meerdere kom -- dis 'n 
natuurwet -- moet mindere wyk; en aan di reg twyfel die koninklike egpaar geen oomblik nie.

Ons ouerlike woning het dwarsdeur ons armer jare 'n rooibaksteenhuis gebly. Talle foto's getuig hiervan: ek en my suster en 'n 
kinderoppasser teen die agtergrond van 'n rooibaksteenmuur. (Dit het selfs die armste mense van destyds, die deelsaaiers en die bywoners, 
altoos gehad: bediendes.)

Eers n Pa sy skuldlas op die plaas onder beheer gekry het, is die rooibaksteenhuis afgepleister en gerofkas en wit geverf; keer op keer 
wit geverf, ons eie casa blanca. En later is die mure lilapers geverf, die dak swart; en s lyk dit nou nog, volgens mense wat die plaas 
onlangs besoek het, maar die foto's wys: die lila en die swart dop af.

Hoekom het ek Pa so min oor sy vroe jare uitgevra? Wat ek van Pa se jeug weet, is wat hy self vertel het, meesal baie bondig. Wag, ek het 
tog in sy laaste jare bandopnames van enkele van sy stories gemaak, maar di is, met bandopnemer en al, uit my woonstel in Molenvliet 
gesteel. Het hy op di band vertel hoe hy en oom Jannie as seuns kaal in die ren gaan hardloop het n 'n strawwe droogte?

Maar ws daar strawwe droogtes in sy jeug? Op 18 September 1969 skryf Pa aan my:

"Ik denk ons veldblomme gaan ook tot niet. Die lekker reuk van tulpe wat ik as kind en jongman gewoond aan was, is daar nie meer nie. Die 
mooi ou aarde van ons gaan tot niet om ons nie meer lenterens kry nie." (Pa was nie konsekwent met sy gebruik van "ik" en "ek" nie, wat 
vir my 'n beminlikheid is. Pa is op stuk van sake in 1896 gebore, op die kentering van tye, ook wat 'n taal betref.)

In 'n vroer brief van Pa, geskryf op 20 April 1967, klink daar 'n lofsang op oor goeie herfsrens:

"Mammie stuur vir jou vandag 'n doos met kwepersmeer en jellie. Dit gaan nog goed met ons, dit kwietja en is al vir byna 2 weke onweer en 
ren en n dag sonskyn. Die wreld is nou sopnat. Die winter voer op die lande is so groot" -- ek kan Pa sien beduie. "Ons wil net gauw 
inspring dorp toe vir pos en die dosie vir jou aanstuur. Raai, Pieter le Roux was op die trein Kaap toe en in sy wa sien hy 'n afdruk van 
ik meen 'n herfstoneel van Rust-mijn-ziel en op 'n voorblad van die Farmers Weekly glo ook een."

Herfs op Rust-mijn-ziel ; die populiere, om by my self te leen, "in ligtelaaie"; en agter die snyruigte, rivier se kant toe, lande en lande 
lusern. Dit het my o hoeveel maal gesien, al die geel, al die oranje, al die groen. En dit het ook die o van plaaslike kunstenaars gesien 
wat in waterverf en olie die herfs van 'n bepaalde jaar probeer vasvat het. Nostalgie kan geen stuwal teen die geskiedenis wees nie; geen 
ringmuur wat 'n vloed probeer stuit nie. 'n Herehuis in die wolke is tot ondergang gedoem. Ja, my nostalgie gaan telkens oor in wanhoop. 
Algemene wanhoop, aan die menslike kondisie; politieke wanhoop oor selfdestruktiewe praktyke in Suid-Afrika.

Maar sedert Van Wyk Louw raak die woord "wanhoop" telkens 'n oop senuwee by my, en moet ek, bykans as boetedoening, die volgende woorde 
prewel:
Wanhoop is glad te maklik
En is slfs sonde;
Dis: ni-wil-vertrou
Op die liefde van God nie.

Hierdie woorde word aan Die Profeet gegee in Van Wyk Louw se geleentheidsdrama Berei in die woestyn.   Die geleentheid was die Fees van die 
Grond op 6 April 1968.

Almal -- veral blankes -- soek geleenthede waar alle kulture in die land kan meedoen in n groot opheffende gebaar; maar wat voor die hand 
l, soos Berei in die woestyn, word misgekyk. Berei in die woestyn wys op die enkele grootste gevaar in Suider-Afrika: droogte. Ook Jan 
Rabie het 'n profetiese verhaal in   ekoverband geskryf, getiteld Droogte.   Terwyl 'n wit en 'n swart man in 'n ideologiese stryd gewikkel 
is, kruip die woestyn op beide aan, en wals die stofkolomme al nader na hulle toe.

Die paddas het dit weer hervat, maar elders, soos dit my klink; by die Jan van Riebeeck-skool of na Leeuwenhof se kant toe. Die kolganse is 
weg, maar die park is vol duiwe wat kroeserig loop en pik-pik. Hulle koer nie, en dit lyk nie of hulle vandag "soos lappies warm wasgoed" 
op gras en klawer gaan l nie, want die son het hom onttrek.

Wat Berei in die woestyn moet word, is 'n grootse oratorium wat aan elf tale, of twaalf, as jy die Griekwa-taal byreken, gegee moet word. 
Geen akademiese ekskursie nt in Engels nie, maar 'n diep godsdienstige, diep aardse oratorium wat Oppermaniaans pleit en op Hom roep, met 
toesang en teensang, in vele tale, in koor n koor, die groot hosannas.



Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av6125.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Maart 1999 /// 'Ek is Afrikaanse Euro-Afrikaan' (AV 6:1) /// Afrikaans, 
jy en die Grondwet (AV 6:1) /// Veeltaligheid gekoester deur jong mense (AV 6:1) /// Geletterdheid (AV 6:1) /// HOOFARTIKEL-- Jaar met nuwe 
uitdagings (AV 6:1) /// Taalervaringe van 'n Duitse immigrant (AV 6:1) /// Afrikaanse posiebron vir Lae Lande (AV 6:1) /// In Verneukpan 
en Boesmanland lf Afrikaans (AV 6:1) /// Onbeskaamd granaatbos /// Toegevoegde teenoor verminderde tweetaligheid (AV 6:1) /// Kortverhaal 
-- Huisdiere (AV 6:1) /// Onderwys-werksessies (AV 6:1) /// Afrikaanse Bybel op die Internet (AV 6:1) /// Jan Schutte: 'n Huldeblyk (AV 
6:1) /// 'Dominee, 'n mooi sin is 'n mooi ding' (AV 6:1) /// Ligter taalmomente oor die grensdraad /// Nuwe era vir Afrikaanse boek (AV 
6:1) /// Op spoor van Maleise invloed (AV 6:1) /// Millennium-blues (AV 6:1) /// Afrikaans kuier oor die drumpel (AV 6:1) /// Hy 
verpersoonlik eerlikheid (AV 6:1) /// Ons lesers skryf (AV 6:1) /// Koningin stap voor in die ry (AV 6:1) /// Di koor gee jou hoop (AV 
6:1) /// Met 'n uitsig op 'n park (AV 6:1) ///

